top of page

Die kuns om 'n "Frenchie" te wees.

Rikus Lubbe is 'n Suid Afrikaaner wat nou al die fraanse façon al redelik bemeester het. Met eerste ontmoeting sal jy dink hy is 'n fraans man, sy manier, handgebare, gesigsuitdrukkings en taal gebruik is Fraans perfek. Dan kom daar die afrikaanse taal gebruik deur en van vooraf moet jy jouself weer herinner dat hy wel, soos jy Suid Afrikaans is. So gee hy hoop vir alle afrikaanse spreukendes wat die taal en kultuur naas onmoontik vind, moontlik om wel te kan integreer en selfs 'n biekie te vat en dit jou eie te maak...

Hoe lank bly jy al in frankryk?

Eks al 16 jaar in Frankryk. Die eerste dorp waar ek gebly het was in Grenoble wat tussen in die Franse Alpe geleë is. Dis waar ek die franse winters vir die eerste keer ervaar het, maar een voordeel van die koue is dat saam met dit kom al die Franse lekkernye soos... Gratin Dauphinois, Tartiflette, Raclette. Al die groot spesiale disse van die Frenchies in daai omgewing gaan gepaard met die winter maande. Ryk disse gevul met aartappels, bacon en verskeie kaase...

Na vyf jaar daar in Grenoble het ek Montpellier toe getrek waar ek nou al redelik gemaklik is. Na my rugby loopbaan het ek my eie interior ontwerp en renovation besigheid begin.

Watter fraanse dingetjies en geitjies het jy oor die jare aangeleer?

Deur die jare het ek by my fraanse vriende hulle sê goed aangeleer. As ek nie iets verstaan het nie het ek gevra wat dit is. 'n Mens moet nie skaam wees nie, want nou kan ek ook lekker saamlag oor hulle "cult" movies grappies en lines quote uit die verskeie rolprente uit. So het ek die Franse kultuur redelik goed aangeleer en dit was ook 'n manier gewees om te wys ek is hier om aan te pas en wil met hulle dinge deel..

Wat maak jy vandag vir ons?

Een van my gunsteling treats is Magret de Canard, dis eend bors wat baie bekend is in Frankryk. Ek het selfs al vir Suid Afrikaners dit gemaak en hulle kon nie glo dat dit rooivleis is nie, ben si...

Verder is daar Gnocchi met sampioene, bloukaas en okkerneute wat die dis ook mooi afrond asook 'n Chickpea slaai vir die meer gesonde voorkeure.

Wanneer ek die eendbors gaarmaak doen ek dit op stadige kole, of op 'n plancha, wat soos 'n gasbraaier dien (wat meer gereeld is). Die geheim is om die eendbors net vier keer om te draai, wat dit nogsteeds daai crispiness gee sonder om dit te verbrand oor te warm kole...

Vir die voorbereiding begin ek aan die vet kant van die eendbors. Ek sny reupies met 1cm in breedte tussenin net tot ek aan die vleis begin raak. Dan sprinkel ek 'n paar druppels worcester sous aan die vet kant (regtig net n paar druppel) vryf hom so bietjie mooi in om druppels uit te sprei en dan vat ek 'n knypie growwe sout of Marina braaisout as daar nog oorbly van die laaste SA kuier en vryf dit ook mooi in. Plaas die eendbors op die vuur of braaier en wag jou beurt af om die omdraai te maak. Tydens die braai van die eenbors sny ek 'n rooi ui fyn in stukkies, om bo oor te sprinkel as die eend gaar is.. Jy hoef nie die hele ui op te sny nie 'n kwart sal genoeg wees.

In die chickpea slaai voeg ek weer 'n rooi ui in wat die slaai sy smaak gee. Ek hou daarvan om dit voor die tyd te maak. Eerstens kap ek 'n handvol kolijander blare ,'n halfwe rooi ui en twee knoffel huisies en meng hulle mooi saam. Dan voeg ek die chickpeas by en roer die slaai so 'n paar keer met 'n lepel sodat die geure ordenklik saam kan meng. Drizzle oor jou olyfolie en voila! Jou slaai is gereed.

Watter bestandele kan jy nie sonder klaar kom nie?

Tamatieslaai met olyf olie is een van die bestandele waarsonder ek nie kan kla kom nie. Jy het regtig niks anders nodig nie. Oh ja en natuurlik growwe see sout, want marina werk nie hier nie...

Waar het jy jou liefde vir kook ontwikkel?

Ek was nog altyd lief vir kook. Waneer ek in Suid-Afrika gaan kuier weet almal ek maak die kos.. dis n passie en dis deel van my creative side... ek hou daarvan om met die ingredients te speel en nuwe kombinasies te kry. Vir my gaan dit alles oor keeping it simple...

Watter advies kan jy vir mans gee wat wil leer hoe om te kook?

Vir die mans wat graag wil leer hoe om te kook...Kom frankryk toe, jy gaan verplig wees om hier te kook ,want hier is nie baie franse meisies wat kan kook nie...of dis net ek wat bad luck het..lol

Vertel my wat jy dink van die feature post, vir 'n feature kontak my via email.

M*

bottom of page