top of page

Die merkwaardige vrou agter - Content jewellery

Ontmoet vir Sheilane, die ontwerper agter die juwele reeks ,Content Jewellery. Ek is weggeslaan deur haar dryf en haar opregte hart. Met 'n passie vir ontwerp, liefdadigheid en haar Hemelse Vader, vorm sy juweelstukke so na aan 'n vrou se hart.

Voorreg!! Vroeg vroeg vanoggend het ek die voorreg gehad om fotos te sien van ‘n Style Shoot waarin my juwele gebruik is. Ek dank sommer Vader vir elke mens se talente. Vir vrouwees en vir die lewe in oorvloed! ​

Ek besef ook net weereens hoe besonders God vroue geskape het- en dit is vir my Content.

Soms bekyk ek my produkte en dink dat ek ‘n tipe “styl”/reeks moet ontwikkel- maar dan besef ek weer... dis wie ons vroue is!! Vol kleur en verskillend. Soveel rolle wat ons vervul- mamma, dogter, vrou, beroepsvrou.

Dae wat ons mammas moet wees en sommer net iets gemaklik wil dra - Friendship bracelets en rope chockers. “Goed voel-mooi voel dae” wat mens opstaan en sommer ‘n slag ‘n mooi rokkie aantrek- sulke dae geniet ek meer die Silver en brass produkte. Dae wat ek lus het vir stene, of wanneer ek opreg vroulik voel- dan dra ek pêrels.

Vir my is juwele deel van wie mens is. Dis bygesê ook Content se slagspreek

“ Jewellery is an extension of who you are- express yourself!”

My grootword dae was spesiaal. Dit was op ‘n klein dorpie in Noord Wes, waar ek die voorreg gehad het om in ‘n baie kreatiewe huis groot te word. Houtwerk, kuns en veral musiek was op die proef gestel.

In ons huis was die slagspreuke "Jack of all Trade" werklik deel van ons daaglikse roetines gewees...maar seker kom "Master of none" ook daar iewers inwerking. Al 4 kinders was altyd besig met ‘n projek, hetsy afskuur van ‘n ou tafel, of rame maak met mooi hout, blomme rangsklik of leer hoe om kitaar speel- hoe lekker was dit nie.

”bending, shaping and molding raw material.... transforming it into something special”Seker ook die rede waarom ek by Regte begin het en geeindig het by juwele...Daar is net iets daaraan om 'n kunswerk met jou eie hande te maak - dit is 'n passie wat nie agter die boeke geleer kan word nie.

Ek is getroud met ‘n wonderlike man, wat my soveel ondersteun - maar met drie besige kindertjies het ek egter gou besef mens kan nie alles self doen nie en moes toe hulp kry. Daar is niemand beters as my tuinier nie, ‘n betroubare kreatiewe man wat my plante laat vrek, maar die mooiste draad kersbome kan maak. Ek het hom eers onder my hand opgelei, waarna hy ook ‘n paar kursusse bygewoon het. Sy foutiewelike groenvingers het toe in die juweel ateljee wonders verrig. Die werkswinkel bly egter die beste leermeester, en elke dag bring nuwe uitdagings.

Op ‘n persoonlike vlak is ek betrokke by ‘n organisasie genaamd Child Haven, waar ek dan ook as Trustee dien. Child Haven lê my na aan die hart. Dit is ‘n pleegsorg huis, waar kinders grootword met liefde en sorg van ouers. Waar hul ingerig en gestig word in Christus. Tans is daar slegs een huis in Rustenburg, maar die behoefte is so groot, dat ons hoop om met Vader se genade nog vele meer te open.

Content gee my ook die podium om op ‘n ander manier te kan gee, en het ek op ‘n paar geleenthede geskenk pakkies en vouchers gedurende die jaar geskenk as pryse tydens liefdadigheids funksies.

Biekie meer van my en my besigheid:

Content Jewellery is crafted with different alloys, precious metal, leather, freshwater pearls and gorgeous gemstones - from conception to completion each piece is uniquely handmade.

Content Jewellery inspires you to live life to the fullest. We believe in strength from above and within, which is reflected in the product names.

Having the drive and passion for practical perfection, the Content team continues to evolve.

On completion of her law degree, Sheilane married husband Beyers Gerber and together they have three lovely children. Drawn to the more creative side of life, Sheilane completed a jewellery design course in 2015. Content Jewellery was founded and she started designing for friends and family, growing in the skill and art of jewellery making.

Her inspiration comes from everyday living, doing life as a business woman, a mother and a wife. Content’s diverse range celebrates life. Their designs reflect the beauty of simplicity– to be worn every day, but also the complexity of life- designed for those special occasions.

Sheilane believes that jewellery is an extension of yourself, a way of expressing who you are.

Content het sy eie aanlyn winkel, en bestellings word reg oor Suid Afrika afgelewer. Ek maak ook graag gebruik van Facebook en Instagram.

Gaan kyk gerus op die links vir meer inligting oor Content Jewellery en Child Haven aan die bodem van die blaai. bladsy.

http://contentjewellery.com

Besoek graag haar online winkel en Facebook page.

Om betrokke te raak by Child Haven besoek graag hulle Facebook page.

bottom of page