top of page

Troukoors met Something Gold designs

Met die trouseisoen om die draai en soveel opsies om van kies kan dit vir sommige bruide vele hoofpyne gee. Vanaf blomme, dekor en kleurskemas is dit maar ongelukkig 'n druppel in die emmer. Danksy aan grafiese ontwerper, Hanri van den Berg, is daar heelwat minder om oor te bekommer. Sy help bruide om hulle drome 'n werklikheid te maak soos die ontwerp van uitnodigings, spyskaarte en dankie sê kaartjes. Nie net is sy 'n inspireerende besigheids vrou nie, maar ook 'n voltydse mama vir haar klein dogterjie.

So hoekal al beskeie vir die veelsydige ontwerper het sy ook onlangs vir Leandi du Rant haar Creative branding gedoen.

Lees meer oor Something Gold hieronder en bonus is daar gratis Jar labels en 'n mooi maak muur stukkie om jou eie te maak.

Wat was jou inspirasie gewees om die besigheid te begin?

Ek het besef dat hier in my omgewing min verskaffers is wat fokus op ontwerpe wat spesifiek vir troues geskik is. Die idee van my besigheid is om dit vir bruide maklik te maak om uitnodigings en skryfbehoeftes te hê wat presies volgens hulle behoeftes ontwerp is. Ek streef daarna om die tipe maatskappy te wees waarmee ek graag sou wou werk, dit beteken vinnige en betroubare kommunikasie en unieke en byderwetse ontwerpe. Die feit dat my werk vir my lekker is, is verseker 'n bonus!!

Wat sal jy sê is die mees gewildste produk wat jy ontwerp?

Die foto kalender is 'n wenner. Ek gebruik trou-, familie-, of verlowingsfotos om 'n A3 verjaarsdag kalender te maak.

Mense laat maak dit graag vir mekaar as geskenke en die met verlowingsfotos is veral gewild omdat dit dan gebruik kan word as 'n gasteboek by die troue

Wat geniet jy die meeste van jou werk?

Dat ek elke dag iets kan maak wat vir my mooi is!

Watter raad sal jy gee vir iemand wat hulle eie grafiese ontwerp besigheid wil begin?

Begin klein, want dan maak jy klein foute nie.

Hoe balanseer jy jou werk as 'n mamma en as 'n besigheidsvrou? Omdat ek van die huis af werk is dit maklik, sodra al my werk vir die dag klaar is kan ek tyd saam met my dogtertjie spandeer.

Ek kies gewoonlik ook een of twee dae per week wat ek nie werk nie sodat ek net aandag aan haar kan gee.

Wat het jy alreeds bereik en wat sal jy nog meer wil bereik?

Ek sal graag in die komende jaar wil bou op wat ek tot dusver bereik het en my produklyn vir troues verder uitbrei. Ek wil ook aandag gee aan ontwikkeling van nuwe handelsmerke vir klein besighede.

Watter diens kan sy vir jou bied?

Kalenders

Kaartjies en uitnodigings

Trou Koerantjies

Gratis: Jar labels

kliek op die foto om die templaat aftelaai:

Gratis: Mooimaak muur stukkie

kliek op die foto om die templaat af te laai:

Rond jou troue of spesiale geleenthede af met die perfekte ontwerpe deur Something Gold designs.

Gaan loer gerus na haar Facebook blad.

Vir 'n feature stukkie or samewerking met my blog, kontak my via email: lifeinthesouth88@gmail.com

Groete

M*

bottom of page