top of page

Asemrowend mooi met Angelic allure

Ek het so rukkie terug afgekom op foto's van 'n vriendin van my ,nie net was die fotos besonders mooi nie, maar die grimering het my asem weggeslaan. Om mooi te grimeer is redelik maklik en bekombaar ,maar om uiters mooi te grimeer vind ek is 'n werklike kuns wat nie almal kan bemeester nie. Dit verg geduld en baie baie oefening.

Die besonderse makeup is gedoen deur, Yolandi Mans ,eienaar van Angelic Allure bridal, event makeup & hair.

Deur om net na die merkwaardige transvormasies te kyk was en is ek oortuig sy is een van die talentvolste grimeer kunstenaars wat ek al gesien het. Lees hieronder meer en staan die kaans om 'n gratis grimeer sessie te wen...

My naam is Yolandi Mans...

Ek is die eienaar van Angelic Allure Bridal, Event Makeup and Hair en woon in Pretoria. Ek het so 4 jaar terug begin met my liefde vir makeup en hare. Op die ouderdom van 26 het ek een aand gebid en die Here gevra Hy moet my leiding gee vir my toekoms drome, maar ek het nie die finansies gehad om dit begin nie. Die Here het my gebede verhoor en dit finansiëel moontlik gemaak om te kon doen waarvoor ek lief is...AAN GOD AL DIE EER vir die mens wat ek vandag is en die talente wat HY my gegee het.

Met baie gesiggies agter my kwaste en deur God se genade het ek vandag ‘n suksesvolle besigheid. Ek het elke naweek 'n paar troues sowel as ‘n hele paar wat alreeds vir 2017 gebook is...

My raad aan toekomstige bruide sal wees...‘n goeie fotograaf en ‘n goeie grimeer kunstenaar loop hand aan hand. Ek sê altyd jy kan die beste fotograaf hê ,maar as jou makeup en hare nie mooi is nie gaan jou foto's ongelukkig nie mooi wees nie en dieselfde tel andersom ook. Jou fotos is after all al wat jy oor het van jou mooi daggie wat so vinnig verbygaan. Dis iets wat jy vir jou kinders se kinders kan wys eendag.

Ek doen ook gereeld makeup en hare vir shoots en events. Vir my makeup verkies ek om Mac onderlaag as my hoof produk te gebruik in my kit. Ek sal verseker nie sonder my MAC kan funksioneer nie. Kryolan is ook 'n goeie keuse so elke nou en dan as my kliënt se vel dit verlang. My kit bestaan ook uit produkte soos Essence en Catrice oogpotloode, maskaras en eyeshadows wat goedkoper produkte is, maar soms meer doeltreffend werk as die duurder produkte.

My makeup wat ek aanwend hou die hele aand en is veral nodig as daar gesokkie word tot die son opkom. Daar is vir my niks wat my meer vreugde gee as om deel te kan wees van ‘n bruidjie se troudag nie. Om te weet jy het haar die vertroue gegee om op haar mooiste daggie te kan straal en net haar mooi self te kan wees ,want elke vrou is mooi nes God haar geskape het.

Ek wil vandag net aan al my bruidjies en kliënte wat my ondersteun het deur die jare baie dankie sê..sonder julle sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie...

JULLE ROCK XXXX

Yolandi bied die kaans aan vir 'n toekomstige bruid om 'n gratis grimerings en hare borg te wen vir haar verlowings fotos terwaarde van R800.

Hoe kan jy wen??? So eenvoudig!

Vir jou om deel te neem aan die kompetisie moet jy die leestuk share of Facebook (Life in the South en Angelic Allure tag) en jouself of 'n toekomstige bruid tag. Hoe meer jy die post share of jou vriende die stukkie share met jou naam getag, hoe meer is jou kaans om te kan wen. Die wenner sal in die toekomstige week bekendgestel word. Begin share en staan die kaans om mooier as mooi op jou verlowings shoot te lyk. Om verdere kontak met Yolandi te maak, kliek graag op die link om na haar Facebook blad te gaan.

Baie dankie aan Yolandi vir haar feature op my blog, dis werklik 'n voorreg om oor haar wonderlike talente te kan skryf.

M*

bottom of page